)

Welkom Gimnasium – dié skool om te kies

Om deel van Welkom-Gimnasium te kon wees die afgelope 5 jaar was om deel van ‘n familie te kon word. Ons het ‘n gesegde hier” OHANA-family never gets left behind”.  By Welkom-Gimnasium het ek vriende gemaak wat familie geword het!

Om ‘n Gimmie te kon wees berei jou voor vir die lewe daar buite. Die Afrikaanse leerders het blootstelling aan Engels gekry (veral in vakterme) en die Engelse leerders kon weer hulle Afrikaans opskerp.

Welkom-Gimnasium is ‘n skool wat akademie as prioriteit stel. Ons het al talle kere die beker vir beste matriek-uitslae verower en 2019 se matrieks het die meeste onderskeidings gehad in ons streek. Well done, class of 2019!

Ons Gimmies neem jaarliks deel aan die Eskom Expo asook die Sjef van die jaar kompetisie. Ons Verbruikerstudie-span, kom 8ste in SA met KYKNET se kookkompetisie.  Verder skryf Gimmies vir alle olimpiades wat in ons vakgebiede aangebied word in.

Gimmies kweek gebalanseerde leerders en ons presteer ook op kultuur en sportgebied. Welkom-Gimnasium se koor was die kategorie-wenners by die ATKV kunstefees. Al drie ons skaakspanne wen hul ligas. Ons wen die Gholfliga asook Eerste Dogters tennis-liga. Netbal wen 3 uit 6 ligas. Hokkie wen 2 ligas. By die rugby was al ons A-spanne in die streeks-finale. Ons Eerste Rugby span wen die KOVSIE-BEKER!  Dit mag dalk klink of ek grootpraat – maar ek is REGTIG trots om deel van die Gimmie-familie te wees.

Om Gim te kies, is om te kies om toegerus te word vir jou toekoms, maar tersefdetyd vriende te maak wat jy altyd sal koester.

2020 het ons Matrieks kom omrol, maar ons fokus op ons eindpunt en hou vas aan die mooi herinneringe wat ons hier kon maak.

Onthou: class of 2020: when the going gets tough – the Gimmies get going!

 

Become a Sponsor
  • Related Posts

    KZN Marlins Basketball – St John’s D.S.G. outstanding

    KZN Marlins Basketball. Lamia Amod Joins the KZN Marlins! St John’s D.S.G. is thrilled to celebrate Lamia Amod, whose exceptional talent and determination have earned her a coveted place in…

    Gedagte vir die Week – Thought of the Week

    Gedagte vir die Week – Here, U is my lewe, U sorg vir my. Wat ek ontvang, kom alles van U af. Psalms 16: 5-7 Thought of the Week –…

    Leave a Reply

    You Missed

    KZN Marlins Basketball – St John’s D.S.G. outstanding

    KZN Marlins Basketball – St John’s D.S.G. outstanding

    Gedagte vir die Week – Thought of the Week

    Gedagte vir die Week – Thought of the Week

    Teemane Karateklub Winter Challenge – Hoërskool Kalahari

    Teemane Karateklub Winter Challenge – Hoërskool Kalahari

    EP U18 youth rugby – Pearson High School outstanding

    EP U18 youth rugby – Pearson High School outstanding

    Sharks U18B Team Selection – St Charles College delighted

    Sharks U18B Team Selection – St Charles College delighted

    Vrystaat Provinsiale Danskampioenskap – Hoërskool Sentraal

    Vrystaat Provinsiale Danskampioenskap – Hoërskool Sentraal