Op die foto beeld die verkose bestuur die vier liefdes van Landsdiens uit: liefde vir God, liefde vir die natuur, liefde vir jou medemens en diensbaarheid.
Hoërskool Aliwal-Noord se Landsdiens het 2020 afgeskop met die verkiesing van hul nuwe bestuur. Baie geluk aan Akho Makhomfana wat as die voorsitter van die bestuur verkies is.
Die bestuur het reeds hulle eerste beplanningsvergadering gehou. Hierdie kwartaal gaan hulle iets spesiaal vir Valentynsdag doen, die skooltuine opknap en ‘n handvaardigheidsprojek aandurf. Die landsdiens gaan ook saam met die CSV ‘n paas-ete aanbied.
Die landsdieners sien baie uit na die jaarlikse klubkamp, die naweek van die 14de Februarie, wat hierdie jaar te Hobhouse plaasvind.
Baie welkom aan die nuwe Graad 8 landsdieners. Mag julle sommer baie “memories” by die landsdiens maak.
Die volgende leerders is tot die bestuur verkies:
Graad 9: Michael le Roux en Monique Weitsz
Graad 10: Benathi Beje, Herman Theron en Wium Smit
Graad 11: Imiell Christensen en Karli van der Walt
Graad 12: Akho Makhomfana, Bianca Nel en Shiri Wiessie