)

Hoërskool Aliwal-Noord Landsdiensbestuur 2020

Op die foto beeld die verkose bestuur die vier liefdes van Landsdiens uit: liefde vir God, liefde vir die natuur, liefde vir jou medemens en diensbaarheid.

Hoërskool Aliwal-Noord se Landsdiens het 2020 afgeskop met die verkiesing van hul nuwe bestuur. Baie geluk aan Akho Makhomfana wat as die voorsitter van die bestuur verkies is.

Die bestuur het reeds hulle eerste beplanningsvergadering gehou. Hierdie kwartaal gaan hulle iets spesiaal vir Valentynsdag doen, die skooltuine opknap en ‘n handvaardigheidsprojek aandurf. Die landsdiens gaan ook saam met die CSV ‘n paas-ete aanbied.

Die landsdieners sien baie uit na die jaarlikse klubkamp, die naweek van die 14de Februarie, wat hierdie jaar te Hobhouse plaasvind.

Baie welkom aan die nuwe Graad 8 landsdieners. Mag julle sommer baie “memories” by die landsdiens maak.

Die volgende leerders is tot die bestuur verkies:

Graad 9: Michael le Roux en Monique Weitsz

Graad 10: Benathi Beje, Herman Theron en Wium Smit

Graad 11: Imiell Christensen en Karli van der Walt

Graad 12: Akho Makhomfana, Bianca Nel en Shiri Wiessie

Become a Sponsor

Related Posts

Gedagte vir die Week – Thought of the Week

Gedagte vir die Week – Here, U is my lewe, U sorg vir my. Wat ek ontvang, kom alles van U af. Psalms 16: 5-7 Thought of the Week –…

EP U18 youth rugby – Pearson High School outstanding

EP U18 youth rugby. Pearson High School, Gqeberha, proudly congratulates three of its rugby players on their selection to the EP U18 youth teams. These boys will represent their province…

Leave a Reply

You Missed

KZN Marlins Basketball – St John’s D.S.G. outstanding

KZN Marlins Basketball – St John’s D.S.G. outstanding

Gedagte vir die Week – Thought of the Week

Gedagte vir die Week – Thought of the Week

Teemane Karateklub Winter Challenge – Hoërskool Kalahari

Teemane Karateklub Winter Challenge – Hoërskool Kalahari

EP U18 youth rugby – Pearson High School outstanding

EP U18 youth rugby – Pearson High School outstanding

Sharks U18B Team Selection – St Charles College delighted

Sharks U18B Team Selection – St Charles College delighted

Vrystaat Provinsiale Danskampioenskap – Hoërskool Sentraal

Vrystaat Provinsiale Danskampioenskap – Hoërskool Sentraal