)

Hoërskool Aliwal-Noord Junior Nasionale Landsdienskamp 2019

Die leerders wat die kamp bygewoon het is: Benathi Beje, Akhona Makhomfana, Zeze Fuku, Tlokomelo Senaume, Kaylan van Zyl, Wium Smit (Oos-Kaap leier), Franco Du Toit en Herman Theron.

Die jaarlikse Junior Nasionale Landsdienskamp van Hoërskool Aliwal-Noord, is by Thaba Morula Adventure Camp aangebied en dit was vir elke leerder ‘n groot belewenis. Die landsdieners was veral verras deur die wonderlike vriendelikheid en ondersteuning wat hul ontvang het deur die kamp se aanbieders. Die gees was indrukwekkend en die leerders beskryf die ‘vibe’ as ‘awesome’! Die aktiwiteite was lekker maar ook uitdagend met tye, maar gelukkig was die instrukteurs behulpsaam en energiek. Die dominee wat die kamp gelei het, Ds. Keenan Davis, het almal se hartsnare geroer en ‘n groot geloof saadjie geplant by die leerders.

Een van die hoogtepunte van die kamp was toe die landsdieners Sun City besoek het. Die hoë waterglyplanke en kristal blou water van die kamma see het die leerders omtrent vermaak. Mede-toeriste het die leerders aangepor om wéer en wéer van die glyplanke af te gly en dit het ‘n gevoel van kammeraadskap gekweek by elkeen. Die standbeelde en uitsigte by Sun City was prentjie mooi en sal veraltyd onthou word.

Aan die einde van die kamp was almal moeg en na ‘n paar hartseer ‘koebaais’, was dit weer die lang pad huis-toe. Die Junior Landsdieners is baie dankbaar vir elkeen wat ‘n bydra gelewer het om die kamp só onvergeetlik te maak. Dit was voorwaar ‘n kamp wat hul nie gou sal vergeet nie!

Become a Sponsor

Related Posts

Gedagte vir die Week – Thought of the Week

Gedagte vir die Week – Here, U is my lewe, U sorg vir my. Wat ek ontvang, kom alles van U af. Psalms 16: 5-7 Thought of the Week –…

EP U18 youth rugby – Pearson High School outstanding

EP U18 youth rugby. Pearson High School, Gqeberha, proudly congratulates three of its rugby players on their selection to the EP U18 youth teams. These boys will represent their province…

Leave a Reply

You Missed

KZN Marlins Basketball – St John’s D.S.G. outstanding

KZN Marlins Basketball – St John’s D.S.G. outstanding

Gedagte vir die Week – Thought of the Week

Gedagte vir die Week – Thought of the Week

Teemane Karateklub Winter Challenge – Hoërskool Kalahari

Teemane Karateklub Winter Challenge – Hoërskool Kalahari

EP U18 youth rugby – Pearson High School outstanding

EP U18 youth rugby – Pearson High School outstanding

Sharks U18B Team Selection – St Charles College delighted

Sharks U18B Team Selection – St Charles College delighted

Vrystaat Provinsiale Danskampioenskap – Hoërskool Sentraal

Vrystaat Provinsiale Danskampioenskap – Hoërskool Sentraal