Gedurende die Desember vakansie het leerders van Hoërskool Aliwal-Noord die Nasionale Landsdienskamp in Gauteng bygewoon. Die kamp is aangebied by die ‘Joy Unspeakable’ kampterrein. Die kamp was vir elke leerder ‘n verrykende ervaring. Die kampers het die kans gekry om met die blitsvinnige Gautrein te ry en het ook ‘n dag by die Gold Reef City pretpark spandeer.
Dit was egter nie net vermaaklikhede nie. Die landsdieners het hul omgee-harte ten toon gestel toe hul help kersgeskenke insamel vir Hanna Charity. Die leerders het ook na ‘n motiverings-praatjie geluister wat deur die jeugspreker Willem Enelbrecht aangebied is. Die tema van die praatjie is ‘Be that Guy/Girl’ en dit het ‘n roerende effek gehad op die jongspan.
Die kampers se gemoed was ook op die proef gestel toe dit heel week lank reën sonder enige tekens van sonskyn maar hul het nie in sak en as gesit nie hul het steeds al die aktiwiteite met positiwiteit aangegryp. Soos dit ‘n tradisionele landsdienskamp betaam, het die leerders die laaste aand geskoffel en gedans om die kamp af te sluit.
Gedurende die kamp was Dante Stephenson verkies as Oos-Kaap leier asook Nasionalekamp groepleier. Die leerders wat die kamp bygewoon het was Karli van der Walt, Shiri Wiessie, Walt Vorster, Imiell Christensen, Zyan Pretorius en Andre Schoeman.