(Foto verskaf)
Alies se eerste hokkiespan het meegeding aan die Grens Sportdag wat die naweek van die 6 en 7 Maart in Oos-Londen aangebied is. Die meisies speel hul eerste wedstryd teen Hoërskool Hangklip en wen 7-1. Die hokkiedogters was vuur en vlam toe hulle die volgende dag weer op die astro opdraf. Dié keer speel hulle teen Port-Alfred en wen 8-0. Die laaste wedstryd vir die dag was teen die gesogde Hudson Park Hoërskool en die Alies was beskou as die ‘underdogs.’ Die meisies het hul vrese afgesluk en aanskoulike hokkie gespeel. Die Alies wen met ‘n rekordtelling van 13-0!
Knapgedaan dames! Julle maak Alies ongelooflik trots!