Die Vrystaat Skoleskietvereniging se Prysskiet 1 kompetisie het op 7 en 8 Februarie by Hoërskool Sentraal in Bloemfontein plaasgevind.
Hoërskool Aliwal-Noord se skuts het deelgeneem aan hierdie kompetisie en baie goed gevaar. Die uitslae was as volg:
In die 0/16 afdeling het 43 skuts deelgeneem en in die 0/14 afdeling het 19 skuts deelgeneem.
Bruce Malherbe behaal die 25ste plek met ‘n totaal van 745 punte.
Rudolph Coertze behaal ‘n 30ste plek met ‘n totaal van 722 punte.
William Muir behaal ‘n 32ste plek met ‘n totaal van 690 punte.
In die 0/14 afdeling behaal Harm Marx ‘n 10de plek met ‘n totaal van 608 punte.
Mandie Wiese behaal ‘n 13de plek met 562 punte.
Johane Malan het ‘n 14de plek behaal met 529 punte.