)

Hoërskool Adamantia se hoofleiers aan die woord

Tiaan Erasmus – Voorsitter (hoofseun) 2020

  Wat is jou leierskapstyl?

Ek is die tipe leier wat glo in lei deur voorbeeld (lead by example).

Ek sal eerder sê, “Kom ons gaan doen dit” in plaas van “Jy moet dit gaan doen”.

 Wat sou jy sê is jou sterk- en swakpunte?

 My sterkpunte:

Ek is ’n trotse kind van God en pak alles in geloof aan.

Ek is ’n goeie leier en kan leiding neem.

Ek werk goed in ’n span saam en ook op my eie.

Ek is betroubaar en ’n goeie luisteraar.

Ek is stiptelik en altyd voorbereid.

Ek is ’n goeie vriend.

My swakpunte:

Ek raak ongeduldig as werk nie gedoen word nie.

Ek hou nie daarvan as mense halwe werk doen nie.

  Waarna sien jy die meeste uit tydens jou tydperk as leier by jou skool?

 Ek sien die meeste daarna uit om alles net te geniet en ’n verskil te maak.

 Ek wil ’n leier wees wat die skool vir nog lank sal onthou.

 Is daar enige iets wat jy graag sou verander by jou skool?

  Ek sou graag die leerders se gesindheid teenoor die onderwysers wou verander  en ek sal die beeld        van die skool nog meer wou verbeter.

 Wat geniet jy die meeste van jou skool?

Ek het aan die begin van die jaar ’n radiostasie by die skool begin waarop ek baie trots is. Ek geniet dit baie om pouses musiek te speel en die leerders dit te sien waardeer. Verder   geniet   ek dit ook baie om betrokke te wees by die skool se aktiwiteite.          

 Matriek is jou laaste jaar – van ’n akademiese oogpunt, wat wil jy graag bereik?

Ek wil matriek met die heel beste moontlike punte slaag. Ek gaan hard werk en my deel doen. God sal sorg vir die res.

 

Enige boodskap van aanmoediging vir jou mede-leiers?

 Ons gaan verseker as ’n span saamwerk. Elkeen moet sy plek en verantwoordelikhede ken,  sodat ons die beste resultate moontlik kan lewer, in alles wat ons gaan moet aanpak.

 Wie is jou rolmodel?

My rolmoedel is my pastoor. Pastoor At Boshoff. Hy is vir my ’n groot inspirasie en hy hou my altyd op die regte pad.

 Wat is jou planne vir 2021?

Ek wil baie graag Drama gaan studeer aan die Universiteit van die Vrystaat in Bloemfontein.      

 

As jy ’n super-hero kon wees, wie sou dit wees en waarom?

            Superman want hy is die leier van Justice League en hy lei deur sy voorbeeld.

 

Op ’n normale Saterdag, sal ons jou kry by… saam met…

 …verskeie aktiwiteite soos die Voortrekkers of my deeltydse werk saam met my mede-voortrekkers of werknemers.

 Wie is jou Hollywood “celeb crush”?

 Melissa McCarthy

Kies een:

Netbal / Rugby / Krieket / Hokkie

Rugby

Cappuccino, warm sjokolade of tee?

Cappuccino

 Braai saam met vriende of ’n wegneemete?

 Braai saam met vriende

Vir ure lank jou gunsteling TV-reeks of ’n musiekfees bywoon?

Musiekfees

 Android of iOs?

 Android

 

 

Become a Sponsor

Related Posts

Gedagte vir die Week – Thought of the Week

Gedagte vir die Week – Here, U is my lewe, U sorg vir my. Wat ek ontvang, kom alles van U af. Psalms 16: 5-7 Thought of the Week –…

Teemane Karateklub Winter Challenge – Hoërskool Kalahari

Teemane Karateklub Winter Challenge. Hoërskool Kalahari, Kuruman is ongelooflik trots op SJ Everts en Eoghan van Wyk, wat die afgelope naweek by die Teemane Karateklub se Winter Challenge in Christiana…

Leave a Reply

You Missed

KZN Marlins Basketball – St John’s D.S.G. outstanding

KZN Marlins Basketball – St John’s D.S.G. outstanding

Gedagte vir die Week – Thought of the Week

Gedagte vir die Week – Thought of the Week

Teemane Karateklub Winter Challenge – Hoërskool Kalahari

Teemane Karateklub Winter Challenge – Hoërskool Kalahari

EP U18 youth rugby – Pearson High School outstanding

EP U18 youth rugby – Pearson High School outstanding

Sharks U18B Team Selection – St Charles College delighted

Sharks U18B Team Selection – St Charles College delighted

Vrystaat Provinsiale Danskampioenskap – Hoërskool Sentraal

Vrystaat Provinsiale Danskampioenskap – Hoërskool Sentraal