)

Hoërskool Adamantia: Mnr. & Mej. Addie-finaliste voltooi hul gemeenskapsprojekte

Soos almal weet, was hierdie jaar vol uitdagings, veral vir die matrieks.
Ten spyte van alles, het die matrieks se Mnr. & Mej. Addie-finaliste besluit om steeds hul gemeenskapsprojekte te voltooi en ‘n verskil in die gemeenskap te maak.
Juf. Jordaan het Vrydag, tydens die aankondiging van die nuwe Mnr. & Mej. Addie wenners, vir Sharné Koopman, Christelle de Villiers, Christine van den Heever, Francois Conradie en Gideon van der Merwe gesê hoe trots sy op elkeen van hulle is. “Hul gemeenskapsprojekte kom werklik uit die hart uit en hulle gaan nog ‘n groot verskil in baie mense rondom hul se lewens maak.”
Die hoofbeoordelaar, wat nie net ‘n maatskaplike werker is nie, maar ook ‘n oud Addie-ouer, was vreeslik beïndruk met elkeen van die 5 matriek finaliste.
Oor die Mnr. Addie-wenner skryf sy die volgende:
“Jy het jouself ingeleef in jou projek en eienaarskap daarvan geneem. Jy het vir my, wat jou glad nie ken nie, gewys wie jy werklik is. Na jou onderhoud en die bestudering van jou lêer kon ek sien dat jou hart mooi is. Hou aan lag en bly wie jy is. Jou persoonlikheid is aansteeklik.”
Addies se nuwe Mnr. Addie vir 2020 is niemand anders as Francois Conradie.
Francois se een projek was die bewusmaking van die bedreiging van aasvoëls, maar a.g.v Covid-19 kon hy nie aangaan met sy projek nie en het hy toe baie betrokke geraak by borskanker pasiënte.
Oor die Mej. Addie-wenner skryf sy die volgende:
” ‘n Belangrike aspek van betrokkenheid in die gemeenskap, is die beskikbaarstelling van jou tyd. Jy het meer as eenmaal jou projek besoek en ek is van mening dat jy werklik alles in jou vermoë gedoen het om ‘n verskil in hierdie klein mensies se lewens te maak. Bly die hulpvaardige mens wat jy is. Bly glo in jouself en die verskil wat jy in ander se lewens nog gaan maak.”
Die nuwe Mej. Addie vir 2020 is dan Christelle de Villiers.
Christelle was by 3 projekte betrokke. Haar hoofprojek was by Destiny-kinderhuis. Christelle het ongelooflik baie kontant en produkte soos kos, klere en speelgoed ingesamel en oorhandig. Sy het ook tyd saam met die kinders spandeer. Sy het ‘n Facebook-blad (DIVVIES DIFFERENCE) gestig waardeur sy mense vir hulp gevra het en dan ook terugvoer oor haar projek gegee het.
Baie geluk Francois en Christelle!
Become a Sponsor
  • Related Posts

    KZN Marlins Basketball – St John’s D.S.G. outstanding

    KZN Marlins Basketball. Lamia Amod Joins the KZN Marlins! St John’s D.S.G. is thrilled to celebrate Lamia Amod, whose exceptional talent and determination have earned her a coveted place in…

    Gedagte vir die Week – Thought of the Week

    Gedagte vir die Week – Here, U is my lewe, U sorg vir my. Wat ek ontvang, kom alles van U af. Psalms 16: 5-7 Thought of the Week –…

    Leave a Reply

    You Missed

    KZN Marlins Basketball – St John’s D.S.G. outstanding

    KZN Marlins Basketball – St John’s D.S.G. outstanding

    Gedagte vir die Week – Thought of the Week

    Gedagte vir die Week – Thought of the Week

    Teemane Karateklub Winter Challenge – Hoërskool Kalahari

    Teemane Karateklub Winter Challenge – Hoërskool Kalahari

    EP U18 youth rugby – Pearson High School outstanding

    EP U18 youth rugby – Pearson High School outstanding

    Sharks U18B Team Selection – St Charles College delighted

    Sharks U18B Team Selection – St Charles College delighted

    Vrystaat Provinsiale Danskampioenskap – Hoërskool Sentraal

    Vrystaat Provinsiale Danskampioenskap – Hoërskool Sentraal