Sestien Redenaars van Hoërskool Fichardtpark het in spanverband aan ATKV se landswye kompetisie, “DigiSpanPraat” deelgeneem. Hulle het teen groot skole soos Eldoraigne, Hoërskool Zwartkop en Hoërskool Kemptonpark, meegeding. Fichies se spanne het uitstekend gevaar.
Graad 8 span: Ethan Burger, Karla Marais, Cloe-Lee Kruger, Jeandrè van der Merwe – het ‘n A simbool verwerf.
Graad 10 span: Nikia Pottas, Dawie Botes, Niel Arlow, Simonè de Witt – het ‘n A+ simbool verwerf.
Graad 11 span: Nicolas Julies, Emma Kruger, Chantè Liebenberg, Elanè Bekker – het ‘n vierde plek in die land, in hulle afdeling, verwerf.
Gr 12 span: Tiaan Herbst, Charnè Griessel, Mia Coetzer, Cobus Uys – is vereer as die *WENSPAN* in hulle afdeling.
Baie geluk aan die leerders. Fichies is baie trots op al 4 hul spanne.