Gedurende Augustus het 5 leerders van die SMA aan ‘n aanlyn Trinity-eksamen deelgeneem en almal het dit met welslae geslaag.
Gedurende Oktober is 3 leerders, wat voorbereid was om ABRSM te speel, deur ‘n dosent van die Odeion School of Music, dr. Frelet de Villiers, geëksamineer. Al die leerders het 85% en meer behaal, waarvan ‘n Sentraalleerder, Marius van der Merwe, 91% vir sy Graad 5-klaviereksamen behaal het.
Sentraal is trots op Marius en al die SMA-leerders!