Hoërskole Tennis. Hoërskool Aliwal-Noord se 1ste tennis span het Saterdag, 27 Februarie, teen Hoërskool Landboudal van Jacobsdal gespeel.
Van die begin af was hierdie wedstryd baie gelyk. Gelukkig kon Alies die knoop deurhaak en wen die wedstryd met 9-7.
Baie geluk aan Janco Labuscagnie, Henco Vorster en Anica Pretorius wat al hulle wedstryde gewen het. Baie geluk ook aan Yola Dinga wat defnitief die ‘game changer’ wedstryd gehad het.
Foto’s verskaf
Meer skolenuus: https://schoolsthatrock.co.za