Nuwe opvoedkundige klimrame – Laerskool Stulting in Humansdorp se Grondslagfase het gedurende 2021 ‘n baie oulike Virtuele Kunsuitstalling gehou. Dit is wonderlik deur die ouers ondersteun.
Die fondse wat tydens hierdie projek ingesamel is, is aangewend vir nuwe opvoedkundige klimrame op die Gr.2’s se speelgrond.
Baie dankie aan ‘n ieder en elk wat hierdie projek moontlik gemaak het. Laerskool Stulting sien uit na vanjaar se kunsuitstalling. Hierdie fondse wat dan geïn word, sal vir die opknap van die Gr.3’s se speelgrond aangewend word.
Begin solank jul spaarvarkies vol te maak. Die Grondslagfase-maats is reeds fluks besig om te woeker en te werk aan die pragtige kunswerke!
Stulting laat jul graag met die volgende gedagte deur Fred Rogers: “Play is often talked about as if it were a relief from serious learning. But for children play is serious learning. Play is really the work of childhood.”
Meer skolenuus: https://schoolsthatrock.co.za
Foto’s voorsien