Al was dit baie warm, was die Hoër Meisieskool Paarl o.18 Netbaldag ‘n groot sukses!
Elke speler het haar hart uitgespeel. Baie geluk aan elke span wat deelgeneem het. Hoër Meisieskool Paarl is dankbaar vir puik netbal na ‘n jaar van leë bane. Hier volg die resultate van die toernooi:
1. Hoër Meisieskool Paarl A
2. Hoërskool Sentraal (Bloemfontein)
3. Hoër Meisieskool Bloemhof A
4. Hoër Meisieskool La Rochelle
5. Paarl Gimnasium
6. Hoërskool Stellenberg
7. Hoër Meisieskool Paarl B
8. Hoër Meisieskool Bloemhof B
9. Hoërskool DF Malan
10. Hoërskool Langenhoven (Riversdal)
11. Hoërskool Parel Vallei
12. Hoërskool Bredasdorp
Photo credits: EJ Langner