Vir drie Oranje-onnies van Hoër Meisieskool Oranje was Dinsdag se groet van die matrieks so ’n bietjie swaarder. Hulle moes ook afskeid van hulle dogters neem wat die laaste vyf jaar die pad by Oranje saam met hulle gestap het.
Christi, Matilé en Rehanjo het almal onder meer saam koor gesing.
Juff. Prinsloo en Swanepoel het toevallig in dieselfde jaar by Oranje begin skoolgee en Swanpoel en Dempers onderrig albei Engels.
Christi is juf. Dempers se laaste dogter op Oranje.