Foto: Marques Botha en Cody Joubert se briljante poppe
Die Graad 8’s vanHoërskool Aliwal-Noord het die taak ontvang in Skeppende Kunste om handpoppe te maak en so ook ‘n poppekas opvoering voor te berei. Die leerders het vorendag gekom met dierbare karakters gemaak uit kleurvolle kouse.
Sommige Graad 8’s het hulself oortref en hul oumas se naaimasjiene nader gehark om sodoende fantastiese poppe te skep. Die leerders het ook geleer van die beroemde tegniek genaamd “Ventriloquism.” Dit is wanneer mens maak of die pop self kan praat, maar eintlik praat jy namens die pop. Slegs jou stembande beweeg. Dit is ‘n moeilike kuns om te bemeester, maar gelukkig het die maskers dit maklik gemaak om hul mondbewegings te verbloem!
Knapgedaan Graad 8s!
Foto’s verskaf