Magé Troskie is verlede week as die Hoër Meisieskool Oranje se hoofmeisie vir 2021 aangewys. Zelmi Marx en Irmarie Buys is die onderhoofleiers. Magé, wat in 2016 die Laerskool Gill in Somerset-Oos se onderhoofmeisie was, is ook as Oranje se atletiek- en koorkaptein en as haar sporthuis se hoofleidster aangewys.