Dertien voormalige Grey-rugbymanne het gister, 4 Oktober, hul staal gewys tydens die SA o/21 rugbykampioenskappe wat op Emiratespark aangebied is.
Vir die Vrystaat Cheetahs, het die volgende manne uitgedraf: Janco van Heyningen (2017), Wihan Marais (2017), Franco Smith (2018), Ruben Cronjé (2018) en Lesley Botha (2019).
De Wet Marais (2018) en Marcel Theunissen (2017) het vir die Westelike Provinsie uitgedraf, terwyl Herman Aggenbag (2018) die Goue Leeus verteenwoordig het. Theunissen wat in 2017 die kaptein van Grey se eerstespan was, het gister ook die WP gelei.
In die Blou Bulle-kamp was WJ Steenkamp (2018, kaptein), Richard Kriel (2018) Ross Braude (2018), Zander du Plessis (2018) en Jan-Hendrik Wessels (2019) op die veld!
Vier van ons voormalige spelers is ook in die onderskeie oefengroepe en ons hoop om eerskomende naweek moontlik vir Jandré Nel (2019) en Marcell Muller (2019) vir die Cheetahs, Wyclef Vlitoor (2018) vir die Leeus en Werner Gouws (2018) vir die Bulle, in aksie te sien!
Foto’s verskaf