)

Hoër Meisieskool Oranje se Mia Olivier bly fiks

– Deur Danielle Theron

Mia Olivier het tydens die Covid19-grendeltydperk besluit om haar liefde vir oefening met ander te deel en hulle uit te daag om saam met haar te oefen, al sou dit by hulle huis voor ’n selfoonskerm wees waarin hulle haar kon volg.

Mia, ‘n gr.11-leerder, het ’n fiksheidprogram begin en ’n Instagram-rekening geskep, miaolivier_fitness. Hierop verskyn ‘n verskeidenheid oefenprogramme wat wissel vanaf maklik tot meer intensief wat alles op ’n oefenmat gedoen word.

Mia demonstreer die oefeninge sodat ander dit visueel kan sien en sodoende die oefeninge effektief aan aanpak. Volgens Mia verseker sy altyd dat die oefening jou ’n bietjie uit jou gemaksone haal, want die doel is om so ’n bietjie te sweet.

Mia noem ook dat sy nog altyd ‘n passie vir oefening gehad het. “Ek wou hierdie passie met ander deel, veral in die inperkingstyd. Wanneer ek oefen, sit dit my altyd in ‘n goeie bui en spoor my aan om die res van die dag ook produktief te wees.”

Mia vertel dat sy bevoorreg was om die inperkingstyd op hulle plaas te kon spandeer waar sy gereeld kon gaan draf en sodoende fiks kon bly. Volgens haar het sy baie motivering gehad om ekstra vinnig te draf sedert daar ‘n rondloperleeu op hul plaas is en dat dié gedagte haar ekstra gemotiveer het.

By die skool neem Mia, ’n skander leerder wat in 2019 in die top-3 in haar graad gestaan het, aan landloop, hokkie en atletiek deel. Sy motiveer ander leerders om moed te hou, want almal gaan sterker en beter aan die ander kant uitkom.”

Become a Sponsor
  • Related Posts

    KZN Marlins Basketball – St John’s D.S.G. outstanding

    KZN Marlins Basketball. Lamia Amod Joins the KZN Marlins! St John’s D.S.G. is thrilled to celebrate Lamia Amod, whose exceptional talent and determination have earned her a coveted place in…

    Gedagte vir die Week – Thought of the Week

    Gedagte vir die Week – Here, U is my lewe, U sorg vir my. Wat ek ontvang, kom alles van U af. Psalms 16: 5-7 Thought of the Week –…

    Leave a Reply

    You Missed

    KZN Marlins Basketball – St John’s D.S.G. outstanding

    KZN Marlins Basketball – St John’s D.S.G. outstanding

    Gedagte vir die Week – Thought of the Week

    Gedagte vir die Week – Thought of the Week

    Teemane Karateklub Winter Challenge – Hoërskool Kalahari

    Teemane Karateklub Winter Challenge – Hoërskool Kalahari

    EP U18 youth rugby – Pearson High School outstanding

    EP U18 youth rugby – Pearson High School outstanding

    Sharks U18B Team Selection – St Charles College delighted

    Sharks U18B Team Selection – St Charles College delighted

    Vrystaat Provinsiale Danskampioenskap – Hoërskool Sentraal

    Vrystaat Provinsiale Danskampioenskap – Hoërskool Sentraal