Simon van Heerden, Gr. 11-leerder van Hoërskool Vryburg, is een van 60 finaliste in die Nasionale Junior Blitsbrein kompetisie wat vanjaar aanlyn gereël is deur Netwerk24. Daar is 30 finaliste in Gr. 8&9-afdeling en Simon is een van die 30 finaliste in die Gr. 10&11-afdeling. Blitsbrein is ’n feite-vasvra wat leerders se algemene kennis oor ’n wye veld toets. Simon sal op 15 Augustus aan die aanlyn finaal deelneem saam met leerders van oor die hele land.
Simon van Heerden, Gr. 11-learner from Vryburg High School, is one of 60 finalists in the National Junior Blitsbrein competition organized online this year by Netwerk24. There are 30 finalists in Gr. 8 & 9 section and Simon is one of the 30 finalists in the Gr. 10 & 11 section. Blitsbrein is a quiz that tests learners’ general knowledge across a wide field. Simon will take part in the online final on 15 August with learners from all over the country.