Guilma Lausberg, gr. 11-swemmer van Oranje het vyf podiumplekke op die Senior Nasionale Swemkampioenskappe om haar nek gehang.
Sy het in Durban 1ste geëindig in die 200m-vryslag, was 2de in die 800m-vryslag en 400m-vryslag en 3de in die 200-wisselslag en 200-rugslag. Die kampioenskap vind vanjaar in vier stede plaas en verskillende provinsies neem in verskillende stede deel. Die Vrystaat, KwaZulu-Natal en Limpopo het in die gala in Durban geswem.
Ná die vier galas sal die uitslae saamgevoeg word en ’n ranglys opgestel word.