Hoërskool DF Malan is baie trots op Megan Scholtz, Monja Theart en Kanya Pieterse wat die afgelope naweek die WP verteenwoordig het by die ASA Nasionale Atletiekkampioenskappe in die Paarl.
Die DF atlete het hulself baie goed van hul taak gekwyt en baie goed presteer. Megan Scholtz 12de (800m Dogters o.16), Monja Theart 8ste (100m Vroue o.20) en 5de in die 200m. Monja was ook deel van die 4×100m Aflosspan wat ‘n Brons medalje verower het. Kanya Pieterse was ook in die top 20 in Diskus vir Meisies o.18. Marga van der Linde van die Matriekklas van 2020 was ook in die 7de plek vir Vroue o.20 100m hekkies.
Foto verskaf