Vlnr: Suné Joubert, Jéanique Groenewald, Elri Naudé, Rehanjo Swanepoel, Guinevere Pretorius en Mia le Roux
Die akademiese skooljaar is amptelik iets van die verlede met die laaste 14 matrieks wat Dinsdag Visuele Kunste geskryf het.
Van links is Suné Joubert, Jéanique Groenewald, Elri Naudé, Rehanjo Swanepoel, Guinevere Pretorius en Mia le Roux.
Daar word met groot afwagting uitgesien na 23 Februarie wanneer dit bekend sal wees presies hoe goed vanjaar se gr. 12’s gevaar het.
Dankie aan ons ouers se ondersteuning en begrip in ‘n moeilike jaar.
En matrieks 2020, julle gaan lank onthou word!