Die 15-jarige Danielle Joubert van Hoër Meisieskool Oranje het Saterdag tweede geëindig by Laser Run se Wêreldkampioenskappe in Egipte verower. Sy het dit vandag (Maandag) opgevolg met nog ’n silwermedalje in die gemengde aflos.
Mede-Oranjeniet Lané van Rooyen (15) was sewende. Hulle ding in die o.17-ouderdomsgroep mee. Danielle, die SA o.17 kampioen, het die 4 x 400m se hardloop met laserpistoolskiet tussen elke rondte in 07:05.50 voltooi. Hulle is twee van 14 lede in die Suid-Afrikaanse span. Danielle is in die o.17A-aflosspan en Lané in die o.17B-span wat vandag (Maandag) deelgeneem het.
Albei is as kaptein van die vrouespan aangewys.
Foto’s verskaf