Vlnr: Johani, Marilet, Carlé, Germarie en Roline.
Vyf atlete van die Hoër Meisieskool Oranje het met medaljes in hulle sakke van die Nasionale o.16-, o.18- en o.20-atletiekkampioenskappe in die Paarl teruggekeer.
Johani van Tonder het koning gekraai in die driesprong vir meisies o.18 terwyl Marilet Blom die vinnigste meisie in die land in die 300m-hekkies vir o.16’s is. Johani het ook ’n vierde plek in die verspring vermag.
Germarie Spershott is Suid-Afrika se naasvinnigste 400m-hekkiesatleet vir meisies o.18 en Carlé Stockenström het tweede geëindig in die 800m vir meisies o.16.
Germarie en Roline Louw was lede van die Vrystaatse 400m-aflosspan vir o.18 meisies wat derde oor die eindstreep is.
Foto verskaf