Johani van Tonder van Hoër Meisieskool Oranje, Bloemfontein, is die nasionale kampioen in die driesprong vir meisies o.18.
Haar wensprong van 11.80m was 31 sentimeter verder as haar naaste teenstander in die eindronde van die Nasionale o.16-, o.18- en o.20-atletiekkampioenskappe in die Paarl. Johani het 4de in die eindronde van die verspring geëindig.
Baie geluk, Johani!
Foto verskaf