Hoër Landbouskool Boland. Hoër Landbouskool Boland, Paarl het 2023 se steggies verwelkom.
Dit was ‘n voorreg en plesier vie Hoër Landbouskool Boland om die afgelope naweek die graad 8’s van 2023 én hulle ouers op die plaas te verwelkom. Die manne het kans gekry om oor te slaap en hulle nuwe tuiste (Huis Nico Malan) te verken. Hulle het ook kennis gemaak met hul kamermaats vir volgende jaar.
“Wat ‘n oulike klomp seuns! Dit is met groot opgewondenheid wat die skool uitsien wanneer hulle moet inval hier by ons vanaf 16 Januarie 2023. Graag heet ons elke seun en ouer baie welkom by die Boland-familie. Ons verwys na ons nuwelinge as steggies, want hiér word hulle die geleentheid gebied om te floreer, te groei en te ontwikkel in die beste weergawe van hulself. Esegiël 17: “Daarna het hy ‘n steggie gevat en dit in die grond gesit waar dit kon floreer.”
Meer skolenuus: https://schoolsthatrock.co.za
Foto’s verskaf