Die leerders en personeel van Hoër Jongenskool Paarl het dié jaar Erfenisdag gevier deur boereworsbroodjies te braai en ten bate van die Valley Christian Fellowship-gemeente in New Orleans, waarby oudleerder Waynne Cupido se pa (as jeugleier) betrokke is, te verkoop.
Die Valley Christian Fellowship-gemeente in New Orleans is reeds 15 jaar in New Orleans bedrywig en doen gereeld uitreikings na skole en gemeenskappe om die Woord van God onder leiding van pastoor Maralack te versprei.
Die fondse sal vir die boukoste van ’n nuwe kerkgebou aangewend word.