Huis Pepler, koshuis van Hoërskool Punt in Mosselbaai, het op ‘n baie koue, reënerige Woensdag, die volgende aan
The Haven Night Shelter (Mosselbaai) geskenk:
50 komberse, 50 lakens en 50 handoekies.
Baie dankie aan Me. Sue Badenhorst (matrone) en Mnr. R. Botha (Superintendent) vir jul omgee!
(Foto heel bo:) Personeel en inwoners van Huis Pepler by artikels wat geskenk is.
Agter vlnr: Rudolf, Rayleen en Alma (van The Haven Night Shelter) en Janik Janse van Rensburg,
Voor vlnr: Carlene Muller, Myneli Muller, Ané Venter en Franciska Olivier
Foto’s bo: Komberse word in die koue, nat weer na die bakkie gedra.