Die eerste tennisspan van Hoër Jongenskool Paarl, het 12 en 13 Oktober aan die Boland Landbou-tennisfees deelgeneem. Die span van agt seuns het vyf o/15-spelers ingesluit. Twaalf skole, van so ver as Johannesburg, het deelgeneem.
In die eerste groepwedstryd speel hulle teen ’n baie sterk span van Midstream College en behaal ’n uitstekende oorwinning. In die tweede wedstryd speel hulle teen Hoërskool Stellenbosch en klop hulle gemaklik.
Na dié twee oorwinnings kwalifiseer hulle vir die halfeindrondte waar hulle gemaklik met Durbanville afreken. In die finaal val hulle ongelukkig vas teen Paul Roos.
Baie geluk aan al die seuns met ’n uitstekende toernooi.
Foto bo: agter vlnr: Herman Snyman, Wynand Hattingh en Anrich Wessels
Voor vlnr: Benjamin Davidyan, Luan Krige, William Zulch en Lieben Engelbrecht