Dit is vanjaar die vyfde agtereenvolgende jaar wat ‘n Hoër Jongenskool Paarl-leerder by See-en-Sand as Victor Ludorum aangewys is. Dertien leerders van Hoër Jongenskool Paarl het die afgelope vakansie die See-en-Sand-lewensreddingskursurs in Hermanus voltooi.
Die Nasionale Seestrandinstituut is reeds in 1971 deur Sparks Esterhuysen gestig om jongmense op te voed om verantwoordelik en beleef te wees. Al hulle kursusse en kampe is op hierdie beginsels gebou en bied ook gespesialiseerde natuur- en oseaan-opleiding vir jonk en oud.
Hulle sal jou alles leer wat jy moet weet oor die see en see-veiligheid. See-en-Sand het gegroei tot ’n gerespekteerde organisasie wat selfs opleiding aan die vloot en leër bied.
Ivan van Rooijen is vanjaar aangewys as Victor Ludorum en sodoende bekroon as die vyfde agtereenvolgende HJS-leerder wat hierdie prestasie behaal.
Agter vlnr: Mark van Eyssen, John-John du Toit, Joshua Nel, Luan Strauss
Middel vlnr: Liam Roux, Johan Neethling, Adam Deacon, Eric Slabbert, Freddie Kirsten
Voor vlnr: Ivan van Rooijen, Keith Jonker, Bernabé de la Bat, Kobus Koch