)

HJS Atletiek – Paul Roos Gimnasium atlete vuurwarm voor Prestige

HJS Atletiek. Atletiek by Paul Roos Gimnasium kook. Verskeie PRG atlete het by die HJS Paarl Uitnodigingsbyeenkoms gewys hulle is gerat vir die opkomende Prestige Atletiekbyeenkoms.

Die Uitnodigingsbyeenkoms het skole van regoor die Wes-Kaap in aksie gehad. PRG het kragte gemeet teen die groot mededinger HJS Paarl en Hoër Meisieskool Bloemhof wat hulself getoets het teen onder andere Hoër Meisieskool Paarl. Hierdie spanne, tesame met Paarl Gimnaisum, neem Dinsdag, 8 Februarie deel aan die jaarlikse Prestige Atletiekbyeenkoms by Dal Josaphat.

Die hoogtepunt van die aand was die goeie vertonings deur die o/17 naellopers. Barthelemy Bena-Ntumba, Jonathan Essien en Elisha Miller het onderskeidelik die 100m, 200m en 400m gewen. Met Luc Mouton het die o/17 aflos-span ook hulle aflos gewen.

Divan Lamprecht het die o/14 300mHekkies gewen. Joshua Acker was weer gekroon as die beste veldatleet danksy sy o/17 gewigstoot- en diskusprestasies op die aand. Ander hoogtepunte was Mark Lester se eersteplek in die o/14 1500m, Jurenzo Julius in die o/19 verspring en Harrison Gibson wat eerste in die seuns o/15 hoogspring was. Verskeie ander seuns het hul plek met goeie vertonings in die Prestige span verseker – ‘n aanduiding van groeiende diepte in PRG atletiek.

HJS Atletiek: PRG atlete in aksie
HJS Atletiek – PRG atlete presteer
HJS Atletiek: PRG atlete in aksie
HJS Atletiek: PRG atlete in aksie

Foto’s verskaf

Meer skolenuus: https://schoolsthatrock.co.za

https://paulroos.co.za/

Become a Sponsor
  • Related Posts

    KZN Marlins Basketball – St John’s D.S.G. outstanding

    KZN Marlins Basketball. Lamia Amod Joins the KZN Marlins! St John’s D.S.G. is thrilled to celebrate Lamia Amod, whose exceptional talent and determination have earned her a coveted place in…

    Gedagte vir die Week – Thought of the Week

    Gedagte vir die Week – Here, U is my lewe, U sorg vir my. Wat ek ontvang, kom alles van U af. Psalms 16: 5-7 Thought of the Week –…

    Leave a Reply

    You Missed

    KZN Marlins Basketball – St John’s D.S.G. outstanding

    KZN Marlins Basketball – St John’s D.S.G. outstanding

    Gedagte vir die Week – Thought of the Week

    Gedagte vir die Week – Thought of the Week

    Teemane Karateklub Winter Challenge – Hoërskool Kalahari

    Teemane Karateklub Winter Challenge – Hoërskool Kalahari

    EP U18 youth rugby – Pearson High School outstanding

    EP U18 youth rugby – Pearson High School outstanding

    Sharks U18B Team Selection – St Charles College delighted

    Sharks U18B Team Selection – St Charles College delighted

    Vrystaat Provinsiale Danskampioenskap – Hoërskool Sentraal

    Vrystaat Provinsiale Danskampioenskap – Hoërskool Sentraal