Helpmekaar Kollege Rugby. Helpmekaar Kollege Rugby se eerste rugbyspan het gister hulle laaste van vyf wedstryde in die April-vakansie afgesluit met ‘n wedstryd teen Kingswood College. Dit was ‘n oortuigende oorwinning van 31 – 5.
Na vyf harde kragmetings, binne slegs agt dae, kyk die manne terug met seer lywe, maar trotse harte! Helpmekaar het wedstryde gespeel teen Höër Landbouskool Oakdale, Hoërskool Stellenberg, Wynberg Boys High, Bishops College en Kingswood College.
O.16’s is Supersterre
Helpmekaar Kollege Rugby se o.16 A-rugbyspan het die afgelope paar dae aan die Jeppe Festival deelgeneem. Hier het die span afgereken met:
- Pretoria Boys High 65 – 0
- Northwood 29 – 7
- Queens College 47 – 17
Uiteindelik word die o.16′ aangewys as die span van die Jeppe Festival
Gustav Grotius is aangewys as die speler van die Jeppe Festival en Ty Ax as die agterspeler van die fees. Hierdie twee spelers wen albei prysgeld by World of Rugby en verower ook ‘n beurs by Wits. Die span ontvang ook ‘n “recovery sessie” by World of Rugby.
Meer skolenuus: https://schoolsthatrock.co.za
https://www.helpmekaar.co.za/wp/
Foto’s verskaf