Vanjaar het HS Strand skoonskip in die senior afdelling van die Helderberg Eisteddfod se Visuele Kuns-afdeling gemaak. In die gevorderde fase (gr. 10 – 12_ het Suzaan Eybers ‘n medalje ontvang vir die beste prestasie in haar afdeling. Sy is ook as die beste gr. 11-leerder aangewys.
Rico Thiart het ook baie goed gevaar. Rico is as die beste gr. 10-deelnemer aangewys. Hy het ‘n Cum Laude vir sy potloodskets en ‘n Goud Plus vir sy akriel Kunswerk ontvang.