Die Hans Moore Musiekskool in Benoni o.l.v dr. Marita Badenhorst het ‘n merietetoekenning van Unisa ontvang vir hul puik musiekuitslae van 2018. Die leerders het na afloop van die 2017 eksamen in musiekteorie ‘n skitterende 89% behaal!! Dis voorwaar ‘n pretasie waarop die musiekskool en die leerders baie trots is en toekennings soos die getuig van die harde werk en toewyding wat eie is aan elke musiekleerder!! By die musiekskool word leerders WENNERS!!
Foto bo:
Voor: Juandre Fourie, Brandon Potgieter
Agter: Nadine Raaths, Lulu Solfafa, Esmari Bezuidenhout, Ethan Hullyer, Ilanka van Staden, Chanelda Smit, Esme Raaths.