)

Hoërskool Upington ruiters presteer by SA Nasionale Saalperd Kampioenskappe

Inge Wessels, Jessi Wessels en Toanita Strauss het onlangs deelgeneem aan die SA Nasionale Saalperd Kampioenskappe wat in Bloemfontein plaasgevind het vanaf 23 tot 28 April. Die Uppies het hulle baie goed van hul taak gekwyt en verskeie rosette gewen. Hul onderskeie uitslae is as volg:

  1. Inge Wessels en haar perd, Peter the Wolf, het as volg gevaar:
  • 5Gang Plesierperd Ruiters 18 jaar en onder – 2e Plek
  • 5Gang Plesierperd Ruiterkuns 18 jaar en onder 3e Plek
  • GROOT KAMPIOEN 5Gang Kinder  Plesierperd – 5e plek
  1. Jessi Wessels en haar perd, BRT Street Asignment, het as volg gevaar:
  • 5Gang Ryperd Ruiters 16 jaar en onder 3e Plek
  • 5Gang Ruiterkuns Ruiters 18 jaar en onder – 2e plek
  • GROOT KAMPIOEN 5GANG  Kinderryperd  – 6e plek
  • Jessi en haar 3Gang perd, Hello Beautiful, het ook ‘n 4e plek in die 3Gang Ryperd Ruiters 16 jaar en onder behaal.
  1. Toanita Strauss behaal ‘n 7e plek in die 3Gang Plesierperd Ruiters 18 jaar en onder op haar perd Successful Raid, asook ‘n 2e plek  met die perd Cameo Springs Song in die 3Gang  Plesierperd Ruiterkuns Ruiters 18 jaar en onder.

Narike Hoft, graad 8 leerder , het deelgeneem aan haar eerste Suid Afrikaanse Nasionale Saalperd Kampioenskappe te Bloemfontein en uitstekend gevaar.

Sy het deelgeneem aan die 3 Gang Ryperdklas ruiter 14 jaar en onder en ‘n derde plek in die land behaal met EF Fever Pitch en in haar 3 Gang Ruiterkuns klas, 14 jaar en onder,  ‘n agste plek, uit vyftien ruiters, waaronder Protea ruiters. Prestasies om voorwaar op trots te wees.

Haar afrigter is Martin Pienaar van Dream Acres Equestrian Centre Bloemfontein.

Die Uppies het die skou terdeë geniet en die skool se naam soos altyd hoog gehou.

Foto:

Narike Hoft, Inge Wessels, Toanita Strauss en  Jessi Wessels

Become a Sponsor

Related Posts

Suid-Afrikaanse Modern Pentathlon – Hoërskool Randburg

Suid-Afrikaanse Modern Pentathlon. Randjie-ster skitter op die wêreldverhoog! Tydens die afgelope skoolvakansie het , ‘n vasberade leerder van Hoërskool Randburg, nie net haar skool nie, maar ook haar land met…

Laerskool Stulting Baasdag!

Unicorn roomyse, blink strikdasse en sparklers…  So het Stulting Baasdag gevier, want ons base is magical…  Baie dankie aan Mnr. Cornelius Coetzer (skoolhoof) en Mnr. John Fourie (adjunkhoof) vir die…

Leave a Reply

You Missed

KZN Marlins Basketball – St John’s D.S.G. outstanding

KZN Marlins Basketball – St John’s D.S.G. outstanding

Gedagte vir die Week – Thought of the Week

Gedagte vir die Week – Thought of the Week

Teemane Karateklub Winter Challenge – Hoërskool Kalahari

Teemane Karateklub Winter Challenge – Hoërskool Kalahari

EP U18 youth rugby – Pearson High School outstanding

EP U18 youth rugby – Pearson High School outstanding

Sharks U18B Team Selection – St Charles College delighted

Sharks U18B Team Selection – St Charles College delighted

Vrystaat Provinsiale Danskampioenskap – Hoërskool Sentraal

Vrystaat Provinsiale Danskampioenskap – Hoërskool Sentraal