HoĆ«rskool Hans Moore van Benoni se Musiekskoolleerders, o.l.v dr. Marita Badenhorst, het oudergewoonte puik presteer tydens die onlangse Unisa Praktiese Eksamens. Nie net spog die leerders met ān 100% slaagsyfer nie, maar Armand Fourie presteer skitterend deur sy Gr.7 kitaareksamen met lof te slaag!
Hy vorder binne drie jaar van ān volslae beginner tot die voorlaaste eksamen van Unisa! Baie geluk, Armand! Nichaela de Bruin slaag ook die eksamen met lof (80%).
Die ander leerders wat 70% en meer behaal en dus hulle eksamen met eervolle vermelding slaag, is: Cameron Odendaal, Dana van Niekerk, Raynard van der Linde, Vian Genis, Martin du Plessis, Marishe Vermeulen, LuanĆ© Botes en DaniĆ«l Mearns. Brandon Potgieter, Juan du Toit, Stephen Hill, Natalie Coetzer en Zianci van Zyl lĆŖ ook die eksamens met goeie gevolge af.
Baie geluk aan die leerders met hul puik prestasies!