
Groot skool opgewondenheid – Laerskool Stulting, Humansdorp se graad 1’s, sowel as graad R leerders het baie uitgesien na die eerste dag van die groot skool. By Laerskool Stulting was daar beslis geen tekort aan opgewondenheid nie.
Die naweek voor die tyd is daar behoorlik geskarrel om tassies, skoolklere, potlode ens. vir die eerste dag van skool gereed te kry. Hulle kon nie wag om met skool te begin nie. Met blink skoolskoene en opgewondenheid vir die Groot skool, kon hulle uiteindelik hul eerste tree van hul skoolloopbaan in die gange van Stulting gegee.
Die juffrouens was net so opgewonde om die nuwe maatjies in Gr. 1, sowel as in Gr. R te verwelkom.








Lees meer: https://schoolsthatrock.co.za/
Foto’s voorsien
Become a Sponsor