Hoofdogter 2025. Die afgelope aantal jare het Schools That Rock onderhoude gepubliseer van Hoofleiers van verskeie skole in Suid-Afrika. Hierdie jaar maak ons weer so en ons gesels vandag met Dané Lubbe, Hoofdogter 2025 van Hoërskool Punt in Mosselbaai.
“As Hoofleier van Hoërskool Punt 2025, sien ek die meeste uit om saam met my klas van 2025, die groep te wees wat uitstaan op alle vlakke vanaf dissipline tot sport, kultuur en akademie.
My persoonlike doelwit vir my leierskapjaar is om myself as leier te ontwikkel. Ek wil ook sterk verhoudings bou, ‘n blywende impak maak en ‘n rolmodel wees. My doelwit vir Hoërskool Punt is om die skoolgees en eenheid te versterk. Ek wil ook ‘n veilige en positiewe omgewing te skep vir die leerders. Ek wil hulle met ‘n nalatenskap laat wat almal sal onthou.
Die eienskappe van ons skool wat die meeste uitstaan is ons sterk gemeenskapsgevoel met unieke tradisies en kultuur. Dit is beslis ‘n skool waar almal welkom voel.
Aanpassings
Aanpassings of veranderinge wat ek graag wil sien gebeur, is dat ons skool as ‘n meer groener skool gesien word. Waterbesparing en herwinningsprogramme moet ook ingestel word. Ek wil graag hê dat ons skool ‘n groentetuin aanlê waarby leerders betrokke kan raak.
Ons skool is ‘n plek waar akademiese uitnemendheid en persoonlike groei hand-aan-hand gaan. Met toegewyde onderwysers, uitstekende sport-en kultuuraktiwiteite, en ‘n inklusiewe atmosfeer, skep ons ‘n omgewing waar elke leerder kan uitblink. Ek self het ongelooflik baie hier geleer en gegroei. Verder glo ek dit sal vir enigeen wat Hoërskool Punt hul skool van keuse wil maak, ook die ideale plek wees om jou doelwitte te bereik.
Ek beskou my sterkste leiers-eienskappe as integriteit, selfvertroue, aanpasbaarheid, kommunikasievaardighede, empatie en omgee.
Om samewerking van my span te kry is dit belangrik om ‘n kultuur van vertroue, respek en gedeelde doelwitte te skep. Ek sal effektief kommunikeer en probeer om almal altyd betrokke te hou.
Die persoon na wie ek die meeste opsien my Ma. Sy is iemand na wie ek altyd sal opkyk, omdat sy my aanmoedig in alles wat ek doen en leer hoe om sterk te wees.
Ek dagdroom oor avontuurlike ervarings en reise na eksotiese plekke, maar vir nou moet ek net fokus op môre.
My gunsteling gereg is beslis Spur Nachos.
Indien ek ‘n kombuis-artkel sou wees, sal dit ‘n resepteboek wees.
My droom oor ‘n loopbaan was van kleins af om in ‘n mediese rigting te studeer. Ek sal baie graag ‘n Matie wil wees.”
Meer skolenuus: https://schoolsthatrock.co.za/
https://www.pointhighschool.co.za/
Foto verskaf
Become a Sponsor








