)

Groot Interjol koors by Hoërskool Upington

Nog net 2 weke! Groot Interjol is byna hier en aan beide kante van dié GROOT STRYD is mense hard besig met voorbereiding.

Die aksie begin Donderdag, 2 Augustus, wanneer die skuts hul slag sal wys. Die res van die program volg sodra ons meer inligting het.

Vir ons oud-Uppies en ondersteunders kan ons al die volgende deurgee:

Alle Uppies, reünie-groepe en vriende is welkom by ons saalbyeenkoms om 9:00, Vrydagoggend, 10 Augustus. Dit is wel `n skool vakansiedag, maar ons program gaan voort.

Tydens die saalbyeenkoms om 9:00, sal prof. Chris Brink, voormalige Matie-Rektor en oud-Uppie, die byeenkoms  inlei met `n praatjie.

Om 10:30 is dit Groot ‘Brag’ en terselfdertyd is daar tee vir die reünie-groepe in die klubhuis. Kom gerus en deel die besonderse oggend met ons.

Saterdag word die dag by Hoërskool Duineveld aangebied en Saterdag sluit ons die dag af met `n heerlike vleisbraai by die Klubhuis. Daar sal `n kontantkroeg wees en dié heerlike ete is slegs R160.

So, kom ons maak ook van dié geleentheid `n groot sukses soos net Uppies kan. Pak jou stoel, jou entoesiasme en `n groot klomp Interjol-gees in jou sak en geniet dié heerlike dag saam met ons.

Become a Sponsor

Related Posts

Suid-Afrikaanse Modern Pentathlon – Hoërskool Randburg

Suid-Afrikaanse Modern Pentathlon. Randjie-ster skitter op die wêreldverhoog! Tydens die afgelope skoolvakansie het , ‘n vasberade leerder van Hoërskool Randburg, nie net haar skool nie, maar ook haar land met…

Laerskool Stulting Baasdag!

Unicorn roomyse, blink strikdasse en sparklers…  So het Stulting Baasdag gevier, want ons base is magical…  Baie dankie aan Mnr. Cornelius Coetzer (skoolhoof) en Mnr. John Fourie (adjunkhoof) vir die…

Leave a Reply

You Missed

KZN Marlins Basketball – St John’s D.S.G. outstanding

KZN Marlins Basketball – St John’s D.S.G. outstanding

Gedagte vir die Week – Thought of the Week

Gedagte vir die Week – Thought of the Week

Teemane Karateklub Winter Challenge – Hoërskool Kalahari

Teemane Karateklub Winter Challenge – Hoërskool Kalahari

EP U18 youth rugby – Pearson High School outstanding

EP U18 youth rugby – Pearson High School outstanding

Sharks U18B Team Selection – St Charles College delighted

Sharks U18B Team Selection – St Charles College delighted

Vrystaat Provinsiale Danskampioenskap – Hoërskool Sentraal

Vrystaat Provinsiale Danskampioenskap – Hoërskool Sentraal