Die AVS Bokkieweek het plaasgevind by Hans Stydom Hoërskool gedurende die middelste week van die vakansie. Daar was 3000 deelnemers betrokke. 23 Van Gromar leerders was deel van hierdie Bokkieweek. Hierdie is die grootste sportbyeenkoms wat plaasvind in Suid Afrika. Gromar is baie bevoorreg en trots ons eerste seun, Wian Smit, wat gekies is vir die Steenbokspan, die Bokkie o/13A span. Wian gaan gedurende die September-vakansie saam met die span na Namibië toer. Die Bokkiespan het Saterdag hulle eerste wedstryd met 26 – 17 gewen. Wian het 2 drië gedruk gedurende die wedstryd.
Baie geluk Wian ons by Gromar is baie trots op jou.
Marné de Jager ‘n 0/19 dogter word gekies vir die finale proewe vir die Bokkiespan.  Ongelukkig is sy nie gekies nie. Baie geluk aan Marné. Gromar is en bly nog steeds baie trots op al ons leerders.