Groen- en Goudaand 2025. Spesiale Toekenning: Ere-Medalje vir Anke Vivier.
Die Groen- en Goudtoekennings is ’n jaarlikse viering van uitnemendheid in sport en kultuur by Die Hoërskool Wonderboom. Hoewel talle leerders elke jaar met toekennings vereer word, is daar soms prestasies wat só uitsonderlik is dat dit ’n spesiale erkenning verdien.
Vanjaar is daar besluit om ’n Ere-Medalje toe te ken aan ’n leerder wie se prestasie nog nooit tevore deur ’n “Wonnie” behaal is nie. Hierdie eer val te beurt aan Anke Vivier, ’n graad 9-leerder, wat vanjaar as vioolspeler gekeur is vir die Simfonia Juventi Jeugorkes — ’n gesogte ensemble wat sedert 1981 jaarliks slegs 100 jong musikante landswyd kies.
Die orkes het verskeie hoogstaande optredes gelewer, met die hoogtepunt ’n betowerende uitvoering in die Aula van die Universiteit van Pretoria voor ’n gehoor van meer as 1000 mense.
Hierdie prestasie is nie net merkwaardig nie, maar ook inspirerend — veral vir ’n jong leerder in graad 9. Die Ere-Medalje word met groot trots aan Anke Vivier oorhandig. 🎻
🏆 Trofee-Wenners 2025
Hier volg die volledige lys van trofee-wenners wat uitmuntendheid in hul onderskeie velde getoon het:
Rugby
- Ruan Nortje Trofee – Beste Junior 7’s Rugbyspeler: Sibusiso Chipumuro
- André Potgieter Trofee – Beste Senior 7’s Rugbyspeler: Darius van Loggerenberg
- Dries Linde Trofee – Beste Junior Rugbyspeler: Matthew Hands
- Janssen/Van der Merwe Trofee – Beste Senior Rugbyspeler: Carlo Schmahl
Atletiek & Landloop
- Gawie Labuschagne Trofee – Atleet van die Jaar: Nathan Collins
- Beste Junior Landloop Dogter: Sibusiso Chipumuro
- Beste Junior Landloop Seun: Claudio de Sa
- Patrick de Wet Trofee – Beste Senior Dogters Landloper: Alicia Broodryk
- Louis van Rensburg Trofee – Beste Senior Seuns Landloper: Dylan Norval
Fietsry
- Beste Junior Fietsryer: Garion du Plessis
- Beste Senior Fietsryer: Zanté van Nieuwenhuizen (Afwesig)
Gholf
- Beyers Brink Trofee – Beste Gholfspeler: Ayden Nell
Hokkie
- Venter/Saaiman Trofee – Beste Junior Hokkiespeelster: Sinovuyo Sonandi
- Van den Berg/Maxie Homes Trofee – Beste Senior Hokkiespeelster: Lee-Shey Botes
Jukskei
- Hans Deetlefs Trofee – Beste Senior Dogters Jukskeispeler: Esrie Venter
- Hans Deetlefs Trofee – Beste Senior Seuns Jukskeispeler: Marlo van den Berg
Krieket
- Minnaar Wisseltrofee – Beste Dogters Krieketspeler: Mischon Pretorius
- Maree Trofee – Beste Junior Krieketspeler: Nathan Collins
- Arend du Preez Trofee – Beste Senior Seuns Krieketspeler: Carlo Schmahl
Netbal
- Shrives Trofee – Beste Junior Netbalspeler: Abigail Lombard
- Hefer Trofee – Beste Senior Netbalspeler: Hannah Bradfield
Redenaars
- Ané van Wyk Trofee – Beste Afrikaanse Redenaar: Claudio de Sa
- Ané van Wyk Trofee – Beste Engelse Redenaar: Claudio de Sa
- Sanet Smith Trofee – Beste Tweetalige Redenaar: Claudio de Sa
Sagtebal
- Leon D’Alton Trofee – Beste Junior Sagtebalspeler: Kyla Erasmus
- Mitchu van Straaten Trofee – Beste Senior Sagtebalspeler: Kaylie Groenewald
Skaak
- Karel Swanepoel Trofee – Beste Skaakspeler: Stefan Kruger
📝 Publikasie
- Pennevrug Trofee – Beste Publikasie in Beide Tale: Claudio de Sa
Swem
- Liese Boëttger Trofee – Beste Dogters Swemmer: Luché Greyling
- Gustaf Boëtger Trofee – Beste Seuns Swemmer: Tiaan du Plessis
Tafeltennis
- Ananda Naude Trofee – Beste Junior Tafeltennisspeler: Kyle Roesch
- Ananda Naude Trofee – Beste Senior Tafeltennisspeler: Marlo van den Berg
Voordrag
- Hannelie Groenewald Trofee – Beste Prestasie in Voordrag: Claudio de Sa
Kultuur
- Du Plessis Wisseltrofee – Uitnemende Kultuurprestasie: Sharika van der Merwe
Laat ons saam feesvier oor die ongelooflike talent en toewyding van ons Wonnies. 💚
Pretoria se trots straal helder!
Die jaarlikse Groen- en Goudaand het weer eens die sterre van Hoërskool Wonderboom laat skitter. Hierdie geleentheid vier uitnemendheid in kultuur, sport, akademie en leierskap – en 2025 se wenners het die lat hoog gelê!
Hoogste Toekennings
- Jacques Victor Trofee – Kultuur Buitemuurs MJ Saunders het twee goue medaljes gewen en is kategorie-wenner vir Opera en Broadway by die South African Championships of the Performing Arts. Sy is gekeur vir die wêreldspan wat SA in Nevada, VSA gaan verteenwoordig – ’n uitsonderlike prestasie!
- Ettienne Nolte Trofee – Sport binne Skoolverband Esrie Venter het die O/19 SA-Jukskeispan verteenwoordig in Namibië en as uitblinker in die O/23-groep uitgeblink. ’n ware kampioen!
- Pretorius Trofee – Sport buite Skoolverband Chante van der Merwe, Graad 11-skut, het die SA-kampioenskappe vir O/18s gewen en Protea-kleure ontvang. Sy het al 10 afdelings in teikenskiet gewen – vir die derde jaar in ’n ry!
- Albert Morland Trofee – Kultuurleerder van die Jaar Claudio de Sa het ’n indrukwekkende kultuurportefeulje opgebou: van koor en musical tot redenaars en beeldende kuns. Hy het reeds Erekleure ontvang en vanjaar 6 trofeë verower.
- Corlia Ludick Trofee – Sportvrou van die Jaar Niché van Wyk het aan ses sportsoorte deelgeneem – van jukskei tot gholf – en in elkeen uitgestaan. ’n toonbeeld van toewyding en talent.
- Jan Cloete Trofee – Sportman van die Jaar Carlo Schmahl het in atletiek, rugby, swem en krieket uitgeblink. Hy is reeds Rugby- en Krieketspeler van die Jaar en verower vir die tweede keer die titel Sportman van die Jaar.
Versatilis Trofees – Veelsydige Sterre
Die Versatilis-toekenning word jaarliks toegeken aan Graad 10–12-leerders wat uitmuntende veelsydigheid toon oor alle fasette van die skoollewe. Kandidate moet aan die volgende vereistes voldoen:
- Aktiewe deelname aan sport én kultuur
- Betrokkenheid by dienslewering en leierskap
- ’n Minimum akademiese gemiddeld van 75% (jaarpunt)
Leerders doen jaarliks self aansoek om oorweging.
Tharina de Beer Trofee – Versatilis Leerder: Graad 10 Zoé Stolz
Akademie: Gemiddeld van 87,82% met ses onderskeidings.
Sportprestasies:
- Kaptein van die O/16 Jukskei-span; aangewys as speler met die beste vordering
- Lid van die Interhoër-swemspan; ontvang silwer spantoekenning
- Lid van die O/16B Netbalspan; ontvang silwer spantoekenning
Kultuurprestasies:
- Public Speaking: Deelname aan ses erkende kompetisies; A+ gemiddeld; semi-finalis by Bold International Eisteddfod; silwer spantoekenning en Erekleure
- Musical: Hoofrol in die jaarlikse produksie
- Voordrag en Toneel: Goud tydens Centurion Kunswedstryd
- Redenaars: Deelname aan ses erkende kompetisies; silwer spantoekenning en Halfkleure
- Deelname aan die skool se jaarlikse dramaproduksie by Unisa Kleinteater
Dienslewering en Leierskap:
- Wonderligleier 2025
- Lid van die Junior Stadsraad 2025
- Boekstoordiens vir drie jaar
Ander:
- Deelname aan Pi-dag en Geskiedenis Olimpiade
- Wenner van die Algemene Kennis Olimpiade
- Hoërskoolwenner van die Akademia Woordmeesters-taalkompetisie
- 100% skoolbywoning; geen negatiewe gedragspunte
- Nommer 2 op die Hoërboom-ranglys, Wonnie 2025
- Tweede keer ontvanger van hierdie toekenning





Lees meer skolenuus hier: https://schoolsthatrock.co.za/
Foto’s verskaf
Become a Sponsor








