Die Grey-gemeenskap is uiters trots op hulle Topleerder van 2020, Mike Heyns. Hy is ook aangewys as die leerder met die hoogste punte in Afrikaans in die Vrystaat!
Dit is slegs die derde keer dat Grey Kollege die topkandidaat in Afrikaans oplewer. Daniël Claassen en Hannes Geyer het dit onderskeidelik in 2018 en 2001 vermag.
Volgens Mike is hy baie tevrede met sy uitslae. “Ek is meer as tevrede met my uitslae en sien nou uit na my studies in Aktuariële Wetenskap op Stellenbosch”.
Volgens hom is sy gunstelingvakke Wiskunde en Rekeningkunde en hy het ‘n verstommende 98% in beide verwerf!
Sy raad aan die matrieks van 2021 is: “Pak elke gegewe situasie voluit saam met die Here aan en jy sal suksesvol wees. Jy moet self verantwoordelikheid aanvaar vir jou resultate – dit is niemand anders se skuld nie”.