Graad 8’s plant bome – Merensky Landbou Akademie, Tzaneen se nuwe Graad 8’s of “2025 se Skiewies” soos na hulle verwys word, het ‘n jarelange tradisie voortgesit.
Op Vrydag, 24 Januarie, het die nuwe graad 8’s weer ‘n verskil gemaak deur drie en dertig bome op die rand van die B-krieketveld te plant.
Die boom van keuse hierdie jaar is die Breonadia salicina, ook bekend as Matumi-, Mingerhout- of Boekenhoutbome. Hierdie is lang, aantreklike, immergroen bome wat 10 tot 40 meter hoog kan word.
Dit groei op rivieroewers in Magoebaskloof se woude. Hierdie bome is bekend vir uitstekende hout vir kombuissnyplanke en meubels. Paplepels word ook van die takke gemaak. Die Mingerhoutboom is ‘n beskermde boom, en mag nie gesny word sonder ‘n lisensie nie (net soos Geelhoutbome).
Hierdie mooi tradisie van die nuwe Graad 8’s, help elke jaar om Merensky Landbou Akademie se terrein boomryker en ‘n lus vir die oog te maak.
Meer skolenuus: https://schoolsthatrock.co.za/
Foto voorsien
Become a Sponsor








