Goue Liga Blitz Skaaktoernooi. Helpmekaar Kollege het die res van die Goue Liga in skaakmat geplaas. Helpies is ook aangewys as die kampioene van die Goue Liga Blitz skaaktoernooi.
Hoërskool Linden het die tweede plek beklee en St. John’s College was derde. Altesaam nege skole het aan hierdie toernooi deelgeneem.
- Skaak is ’n verpligte skoolvak in meer as 30 lande
- Daar is meer boeke geskryf oor skaak as oor enige ander spel of sport
- Gedurende die Tweede Wêreldoorlog was top skaakspelers ingespan om geheime kodes te ontleed
- Meer as 600 miljoen mense wêreldwyd speel skaak op ’n gereelde basis
- Na slegs drie skuiwe deur elke speler is daar 9 miljoen moontlike posisies op die skaakbord
- Daar is meer moontlike posisies in ’n skaakspel, as die getal atome in die heelal
- Die woord “skaakmat” is afgelei van die Persiese woorde “Shah Mat” wat beteken “die koning is dood”
- Skaak was die enigste spel waarin Albert Einstein belanggestel het.
Meer skolenuus: https://schoolsthatrock.co.za
https://www.helpmekaar.co.za/wp/
Foto verskaf