Gimnastiekproewe. Keegan Klopper, leerder van Hoërskool Linden, het die afgelope naweek Linden se naam hoog gehou.Hy het op 11 en 12 Maart in Pretoria aan gimnastiekproewe deelgeneem, waaruit die Nasionale Senior en Junior Mansspanne saamgestel word.
Keegan is na afloop van hierdie proewe as die jongste lid by die Junior Nasionale gimnastiekspan ingesluit. Hy toer in Mei na Egipte om Suid-Afrika in die “All African Championships” te verteenwoordig.
Welgedaan Keegan, Linden is ongelooflik trots op jou.
#lindensport#lindentrots#dismyskool
Meer skolenuus: https://schoolsthatrock.co.za
Foto’s verskaf