Gimnastiek. Keegan KLopper is ‘n leerder van Hoërskool Linden. Hy word beskou as Linden se eie Suid-Afrikaanse gimnas. Keegan het tydens die vakansie die Junior Suid-Afrikaanse Mans Gimnastiek span verteenwoordig by die 16th African Championships.
Sy span het by die spele ‘n algehele derde plek behaal. Keegan het in die span- en “All Round” kompetisie algeheel dertiende geëindig in Afrika. Hy het ook tydens die apparaat finale die ring-finaal behaal en so sesde geëindig op die Ringe.
As die jongste deelnemer in die mans kompetisie, het Keegan beslis homself uitstekend van sy taak gewyt. Linden is baie trots op hom en sien daarna uit om hom nog eendag by die Olimpiese Spele in aksie te sien!
Meer skolenuus: https://schoolsthatrock.co.za
Foto’s verskaf