GholfRSA. Hoërskool Waterkloof is ongelooflik trots op Cilliers Craig, wat onlangs in die GholfRSA se nasionale oefengroep opgeneem is.
Cilliers vertrek hierdie naweek saam met sy broer, Roelof, na Kenia waar hulle Suid-Afrika by die All Africa Games in Nairobi gaan verteenwoordig. Die toernooi vind plaas by die Windsor Golf Hotel & Country Club van 23 tot 26 Maart.
Dit is ’n historiese mylpaal – die eerste keer dat twee broers Suid-Afrika by hierdie toernooi verteenwoordig. Welgedaan, Cilliers en Roelof! Julle skryf geskiedenis, en Klofies hou julle met trots dop.

Lees meer skitterende skolenuus hier: https://schoolsthatrock.co.za/
Foto’s verskaf
Become a Sponsor









