)

Gholf-seisoen eindig goed vir EHS

Vlnr: Pieter Leibbrandt, Tobie Leibbrandt, Carla Ferreira en Andre Dale Groenewald

Hoërskool Ermelo het in 2019 ‘n baie goeie gholf-seisoen beleef.

Die Gert Sibande-liga word bepaal deur vier rondtes wat onderskeidelik op die bane van Volksrust, Piet Retief, Bethal en Ermelo plaasvind. Na afloop van al vier hierdie rondtes eindig die Erries se spanne in die volgende posisies: die A-span eindig vierde, die B-span eindig tweede en die C-span eindig derde.

Hoërskool Ermelo se B-span, Andre Dale Groenewald, Carla Ferreira, Pieter Leibbrandt en Tobie Leibbrandt, het gekwalifiseer vir die Mpumalanga uitspeel-rondte wat by Walker Park Gholfklub in Evander gespeel is. By die uitspele,, in uiters winderige omstandighede, speel die Erries uitstekende gholf en slaag daarin om 100 punte bymekaar te maak en eindig sodoende in die vierde plek in Mpumalanga.

Die EHS is baie trots op al die gholfspelers wat die skool in die 2019-seisoen verteenwoordig het en hulle sien uit na wat die toekoms vir Errie-gholf inhou.

Become a Sponsor

Related Posts

Suid-Afrikaanse Modern Pentathlon – Hoërskool Randburg

Suid-Afrikaanse Modern Pentathlon. Randjie-ster skitter op die wêreldverhoog! Tydens die afgelope skoolvakansie het , ‘n vasberade leerder van Hoërskool Randburg, nie net haar skool nie, maar ook haar land met…

Laerskool Stulting Baasdag!

Unicorn roomyse, blink strikdasse en sparklers…  So het Stulting Baasdag gevier, want ons base is magical…  Baie dankie aan Mnr. Cornelius Coetzer (skoolhoof) en Mnr. John Fourie (adjunkhoof) vir die…

Leave a Reply

You Missed

KZN Marlins Basketball – St John’s D.S.G. outstanding

KZN Marlins Basketball – St John’s D.S.G. outstanding

Gedagte vir die Week – Thought of the Week

Gedagte vir die Week – Thought of the Week

Teemane Karateklub Winter Challenge – Hoërskool Kalahari

Teemane Karateklub Winter Challenge – Hoërskool Kalahari

EP U18 youth rugby – Pearson High School outstanding

EP U18 youth rugby – Pearson High School outstanding

Sharks U18B Team Selection – St Charles College delighted

Sharks U18B Team Selection – St Charles College delighted

Vrystaat Provinsiale Danskampioenskap – Hoërskool Sentraal

Vrystaat Provinsiale Danskampioenskap – Hoërskool Sentraal