Vlnr: Pieter Leibbrandt, Tobie Leibbrandt, Carla Ferreira en Andre Dale Groenewald
HoĆ«rskool Ermelo het in 2019 ān baie goeie gholf-seisoen beleef.
Die Gert Sibande-liga word bepaal deur vier rondtes wat onderskeidelik op die bane van Volksrust, Piet Retief, Bethal en Ermelo plaasvind. Na afloop van al vier hierdie rondtes eindig die Erries se spanne in die volgende posisies: die A-span eindig vierde, die B-span eindig tweede en die C-span eindig derde.
Hoƫrskool Ermelo se B-span, Andre Dale Groenewald, Carla Ferreira, Pieter Leibbrandt en Tobie Leibbrandt, het gekwalifiseer vir die Mpumalanga uitspeel-rondte wat by Walker Park Gholfklub in Evander gespeel is. By die uitspele,, in uiters winderige omstandighede, speel die Erries uitstekende gholf en slaag daarin om 100 punte bymekaar te maak en eindig sodoende in die vierde plek in Mpumalanga.
Die EHS is baie trots op al die gholfspelers wat die skool in die 2019-seisoen verteenwoordig het en hulle sien uit na wat die toekoms vir Errie-gholf inhou.