Die graad 12-leerders saam met mnr. Faans van der Merwe en mnr. Johan Pretorius.
Hoƫrskool Ermelo se graad 12 Landboubestuur-leerders het op Woensdag 14 Augustus hulle jaarlikse praktiese assessering gedoen by Mnr. Johan Pretorius van Milestone Beefmasters.
Die PAT-assessering is deel van die leerders se praktiese punte wat hulle moet akkumuleer deur die jaar.
Mnr. Pretorius het die Erries met ope arms ontvang en baie inligting in verband met moderne boerdery en keuring van top diere met die leerders gedeel.
Daarna het die leerders beeste gemerk, ingeƫnt, gedoseer, hanteer, geƫvalueer en in rangorde geplaas van goed na swak.
ān Hoogtepunt was die besoek aan die kampe van Milestone se top bulle en verse met kalwers.
Baie dankie aan Mnr. en Me. Pretorius vir die gasvryheid en waardevolle inligting wat aan die leerders oorgedra is. EHS is opreg dankbaar vir die betrokkenheid