ATKV-Tienertone – vanaand by Durbanville Hoërskool en Brakkies se leerders tree op om 21:00.
“Boom!” (vir Lizz Meiring in 1996). “Boom!” Deur Nataniël.
Dit is ’n Gotiese komedie, waarin die sopraan Babson die hoofkarakter is. Eens het sy mense in die operahuise van New York, Milaan en Wenen vermaak, nou is haar gehore die inwoners van die onderdorp in ’n plaaslike plattelandse dorpie. Onder hulle is nuuskierige kinders, haar skisofreniese ouer suster Bekka en dié se man Willem, ’n polisieman.
Die tragikomiese geskiedenis van die twee armblanke-dogtertjies met hulle hemelse stemme word dan vertel. Een word ’n operaster en die ander bly agter. Babson onderbreek haar wêreldtoer om die pa te help begrawe en die ma in haar siekte by te staan, maar daar is net plek vir een suster op die werf. Die stuk is deurspek met satire en fyn spot met sommige Afrikaanse tipes en hul houding jeens kuns en andersoortigheid.
Ons verneem dit is Me Bester se laaste opvoering as Drama onderwyseres.